Local newsNews

Familie hoop op nog ‘n mylpaal vir Brodie

'n Onlangse fondsinsameling het ongelukkig nie genoeg ingebring nie.

 

Klein Brodie Snyman en sy familie bly hoop terwyl hulle nog ‘n paar struikelblokke oorkom en terselfdertyd van sy groot mylpale vier.

DiƩ tweejarige seuntjie is by geboorte as serebraal gestrem gediagnoseer. Hy ly aan skoliose en het probleme met sy heupe en spiere. Brodie het mediese hulpmiddels nodig om sy heupe te laat ontwikkel sodat hy ook eendag saam met sy boetie en sussie kan hardloop en speel.

Read more here:

https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2019/07/29/brodie-gee-nie-sommer-op-nie-serebraal-gestremde-seuntjie-gee-nie-sommer-op-nie/

Alhoewel Brodie se ouers ‘n mediese fonds het, dek dit nie naastenby al sy medikasie en behandelings nie. Die familie het ‘n groot bykomende bedrag geld nodig vir die behandeling wat sal verhoed dat sy heupe ontwrig word en dat sy rug verder verswak, en vir sy medikasie.

Die familie wend verskeie pogings aan om die nodige fonde in te samel om hul klein vegtertjie te help. ‘n Gholfdag wat as fondsinsameling vir Brodie se behandeling aangebied is, kon hulle ook nie naby genoeg aan die mikpunt van R118 000 bring nie. Volgends Brodie se pa, Shaun, het hulle om en by R20 000 ingesamel, maar het nog nie die geld ontvang nie.

Die familie hoop en bid dat hulle spoedig die nodig fondse kan kry. Diegene wat graag vir Brodie wil help om die tweede grootste mylpaal in sy lewe te bereik, kan vir Shaun by 061 387 2301 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button