School sportSport

Bastion is trots op hul sportseuns

Hoërskool Bastion se sportseuns stap met groot glimlagte na die liga weg.

Hoërskool Bastion presteer nie net akademies nie, maar palm ook pryse met hulle sportprestasies in.

• Bastion se o.19A-seunsjukskeispan het vanjaar se skoleliga gewen en is gekies om op 14 September aan die Noordvaal Kampioenskappe in Pietersburg (Polokwane) deel te neem.

Bastion o.19A-jukskeispan, Nieky Zevenster, Wian Horn, Ela Grobler, Devan van der Velde, Dylan Erasmus en Lisa Rinke. Foto: Halisje Crous.

• Die eerstekrieketspan het tydens vanjaar se Noordvaal Kampioenskappe vir Trinityhouse met 37 lopies geklop en sal op 31 Augustus teen Hoërskool Linden speel.

• Bastion se o.15-krieketspan het vanjaar met ‘n groot glimlag weggestap toe hulle vir Trinityhouse Little Falls tydens die liga met 309 lopies kafgedraf het.

)Die lede van die o.15-krieketspan is Sheldon Aldridge, Ronaldo Rossouw, Brendon Botha, Peter Couvaras, Dihan Pieterse (kaptein); (middel) Hilgard Kleinhans (afrigter), Kyle van Zyl, Bairon Smut, Dehan Kruger, Wessel van der Westhuizen (afrigter); (voor) Armand Pretorius, Christiaan Harmse, Warren Scott, Dante Gouws en Juan Venter. Foto: Halisje Crous.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button