EntertainmentLifestyle

‘n Potjie met ‘n skop

'n Potjiekoskompetisie en dans word op 31 Augustus gehou.

Trek jou potjiekos-sjefpakkie en dansskoene aan en kom geniet die NG Kerk Culembeeck se potjiekoskompetisie en dans.

Die geleentheid word op 31 Augustus op die hoek van Koebergstraat en Teenstralaan, Witpoortjie gehou en begin om 3nm. Inskrywings beloop R100 per pot, en dit kos R100 per paar vir die dans en ete. Kinders jonger as 12 jaar betaal net R25. Om teleurstelling te voorkom, bespreek voor 30 Augustus.

Kom geniet ‘n lekker dans en potjiekos. Foto ter illustrasie.

Belangrike inligting oor die potjiekoskompetisie:

• Bring jou eie potjiebestanddele

• Na die kompetisie word jou potjie vir die dans en ete geskenk

• Vanaf 2nm word die potjie-inskrywings gedoen en alles uitgepak

• Van 3nm tot 6nm word die potjies gemaak

• Die beoordeling word om 6nm tydens die dans en ete gedoen

Belangrike inligting oor die dans:

• Bring jou eie drinkgoed en eetgerei

• Die kos sal om 6nm bedien word

• Die dans begin 7nm

Vir meer inligting, kontak Riaan Nel by 083 556 0138.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button