Local newsNews

‘n Spesiale piekniek vir ma’s en dogters

Este Pienaar besoek Residentia Ons Huis vir hul Ma-en-dogterdag.

Wat is nou lekkerder as om spesiale tyd saam met jou moeder te spandeer?

Op 3 Augustus bied Residentia Ons Huis ‘n wonderlike ma-en-dogterdag van 10vm tot 12nm aan. Behalwe vir ‘n heerlike piekniek in die buitelug, kan hulle ook ‘n praatjie geniet deur die gasspreker, Esté Pienaar.

Die tema vir die dag is Alice in Wonderland en kaartjies kos R50 per persoon.

Ma en dogter kan hul eie versierde piekniekmandjie saamneem en moontlik ‘n prys wen vir die interessantste mandjie van die dag. Gaste sal ook ‘n mandjie vol smaaklike eetgoed vir slegs R100 by die Ons Huis-kombuis kan koop.

Vir verdere inligting, om ‘n mandjie met eetgoed te bestel, of vir besprekings, kontak Residentia Ons Huis by 011 672 5018.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button