Local sportSport

Wesrand-stoeiers presteer by Danie Voges Toernooi

Hulle het twaalf medaljes ingepalm.

 

Stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG), het aan die jaarlikse Danie Voges Stoeitoernooi deelgeneem en baie goed presteer.

Die toernooi word jaarliks deur die Danie van Zyl Stoeiklub aangebied, ter ere van die legendariese stoeier Danie Voges en die WSG-stoeiers kon aan die einde van die toernooi met ‘n totaal van 11 medaljes spog.

Liam Steynberg en Juanro Nel demonstreer hulle stoeitegnieke. Foto: Halisje Crous

‱ Reghardt Roos, Janu Botha, Liam Steynberg en Tiaan Classen het elkeen ‘n gouemedalje verwerf

‱ Logan Barnard, Reinhardt Roos, Jan-Zias van der Merwe, Tylor Burkett en Robert Hurn het elkeen ‘n silwermedalje verwerf

‱ Adriaan van Tonder en Ruan Nel het elkeen ‘n bronsmedalje verwerf

‱ Juanro Nel, Josua Nice, Hugo Classen en HanrĂ© van der Merwe het elkeen ‘n vierde plek gekry

Juan Nel, die WSG-afrigter het gesĂȘ, “Ons ondersteun die Danie Voges Toernooi elke jaar deur soveel moontlik stoeiers aan te moedig om daaraan deel te neem. Ek is ongelooflik trots op al my stoeiers se prestasies.”

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button