School sportSport

Florrie-skuts skiet weer in die kol

Verskeie medaljes is ingepalm

 

Vier skuts van Hoërskool Florida het baie goeie prestasies tydens die Gauteng-liga behaal.

Caitlin Oelofse het ‘n gouemedalje in die 10m Presisie- en ‘n bronsmedalje in die 3P Presisie-kategorie verower. Nadine Nel het ‘n silwermedalje in die 10m Presisie- en ‘n gouemedalje in die 3P Presisie-kategorie losgeskiet.

In die Sporter 10m Staan vir o.14’s het Chenel Sequiera ’n bronsmedalje verower en in die 3P Sporter-kategorie is ’n silwermedalje aan haar toegeken.

Nadine Nel en Caitlin Oelofse het baie goed tydens die Gauteng-liga presteer. Foto’s: Verskaf.

Monique van Wyk het aan die Sporter (3P) vir o.16’s deelgeneem en ’n bronsmedalje verower.

“Baie geluk aan elke skut wat pragtig presteer het. Jul toewyding en harde werk gaan nie ongesiens verby nie,” het Morné Hanekom, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button