NewsSchools

Kruiners se koorafrigter wen kompetisie

Hy is as die algehele wenner aangewys

 

Laerskool Helderkruin se koorafrigter, Schalk van der Merwe, 27, het onlangs aan die Len van Zyl Dirigentekompetisie in Kaapstad deelgeneem.

Schalk het met 25 ander deelnemers meegeding en is as die algehele wenner aangewys.

Hy het ‘n internskap by die Philadelphia Simfonie-orkes in Amerika, asook ‘n semester by die North Western University in Chicago gewen.

Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte, het gesê, “Melinda Nel en die skool is baie trots en bevoorreg om iemand met Schalk se talent en kundigheid in ons midde te hê”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button