Local newsNews

Daniélle speel die regte note in die laaste program

Daniélle Geyser is op 17 Januarie as die wenner van die gewilde SABC2-musiekprogram Noot vir Noot aangewys.

 

‘n Havie- en Bastion-oudleerder, Daniélle Geyser, is op 17 Januarie as die wenner van die gewilde SABC2-musiekprogram Noot vir Noot gekroon. Dit was boonop die heel laaste episode van dié program in sy huidige formaat wat 43 seisoene beleef het. Johan Stemmet was al die jare die aanbieder.

Dit was nog altyd die 27-jarige Daniélle se droom om ‘n Noot Vir Noot-deelnemer te wees. Sy is net twee maande ouer as die program. “Ek is so oud soos Noot Vir Noot en het dus daarmee grootgeword. As kind het ek altyd saamgespeel,” het Daniélle gesê.

Sy moes lank wag om deel te neem nadat sy die eerste oudisie vir die reeks reeds in 2015 afgelê het. Haar eerste verskyning op TV was in die program Musiek Roulette voordat sy drie jaar later die oproep gekry het om haar eerste opname op 10 Maart 2018 te doen.

Ettiene Bronkhorst het sy verloofde en Reeks 43-wenner Daniélle Geyser tydens al drie opnames ondersteun. Foto: Blake Linder.

Dit was ‘n baie spesiale tyd in Daniélle se lewe want presies ‘n week voor die opname het haar kêrel, Ettiene Bronkhorst haar gevra om te trou. Haar doelwit was om net deur die eerste ronde te kom en het nooit gedink sy sou die reeks kon wen nie.

“Ek sou heeltemal tevrede gewees het om net een episode te doen, maar ek is nooit tevrede met middelmatigheid nie en wou eintlik darem die semifinaal bereik,” het Daniélle gesê. Toe sy dit regkry het sy besef sy kon die eindrondte haal, en dit is presies wat Daniélle gedoen het.

Sy het haar nie dood bekommer daaroor nie. “Ek dink ek kon deurentyd betreklik rustig bly,” het sy gesê.

Daniélle het in al drie episodes waaraan sy deelgeneem het, die boerpotrondte gewen en ‘n totaal van R172 000 gewen. Dié geld gaan vir haar en Ettiene se troue in Maart gebruik word, asook vir hul wittebroodsvakansie in Mauritius.

Ettiene het ook vir Daniélle verras met ‘n partytjie by Ramkiki toe die finale episode op 17 Januarie gebeeldsend is. Daar het al Daniélle se vriende en familie uitgevind dat sy die reeks gewen het. Die feit dat dit Johan se laaste reeks was, het dit net meer spesiaal gemaak. “Om die laaste reeks in die oorspronklike Noot vir Noot-formaat te wen waar Johan die aanbieder was, was vir my onwerklik,” het sy gesê.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at northsider@caxton.co.za  (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Roodepoort Record

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button