Local newsNews

Bastion se straatkilometer ‘n wegholsukses

Hoërskool Bastion se straatkilometerwedloop is uiteindelik terug, en die vele gretige deelnemers wys dat hierdie tradisie weer 'n groot sukses gaan word.

Oud en jonk het Saterdagoggend, 12 Januarie, aan Hoërskool Bastion se jaarlikse Een Kilometer-wedloop deelgeneem.

Alhoewel dit vir sowat vier jaar nie soos gebruiklik plaasgevind het nie was hierdie byeenkoms ‘n reuse sukses met talle hardlopers en toeskouers wat die straat voor die skoolhek volgestaan het.

Dié groep skooldogters geniet hulself reeds gate uit. Van links is Gaby le Roux, Kaylen van den Berg, Chané Stephens en Melissa van Niekerk. Foto: Jaco Human.

Diegene wat nie net daar was vir die strawwe kompetisie nie kon sosiaal verkeer en met hul vriende kompeteer om te kyk wie die snaaksste aangetrek was. Daar was talle met geverfde gesigte, kleurvolle kleredrag en selfs ‘n paar wat met tutus aan die wedloop aangepak het.

Die groepe in die Laerskool-afdeling staan reg vir die een kilometer wat voorlê. Foto: Jaco Human

Die verskillende afdelings waarin deelgeneem is, was Laer- en Hoërskool Junior en Senior seuns en dogters, sowel as ‘n oop kategorie vir die publiek.

Dylan Krenczeck, wat verlede jaar op nasionale vlak deelgeneem het, het in die afdeling vir Hoërskool Seniors die wedloop in twee minute en 38 sekondes kafgedraf en het gespog met die beste tyd vir die een kilometer. Kort op sy hakke was Thamsanqua Nyembe in ‘n tyd van twee minute en 40 sekondes.

Hier is die wenners van die onderskeie afdelings:

• Laerskool seuns en dogters: Matthew Pretorius (3:31) en Courtney Sole (3:41)

• Hoërskool Juniors: Daniel Button (2:59) en Emma Visser (3:18)

• Hoërskool Seniors: Dylan Krenczeck (2:38) en Lelani Roodt (3:27)

• Oop kategorie: Thamsanqua Nyembe (2:4) en Natasha Loubscher (4:22)

Hoërskool Bastion hoop dat die entoesiasme vir en deelname aan die wedloop elke jaar sal groei totdat dit sy status van jare gelede sal oortref. Hulle is dankbaar vir elkeen wat die dag saam met hulle gaan draf het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button