Editor's choiceLocal newsNews

Helpende Hand se streeksvergadering ‘n groot sukses

Vrywilligers vir harde werk bedank

 

Die Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suidstreek het onlangs hul jaarlikse streekkongres by Laerskool Horison gehou.

Die hoofdoel van dié kongres was om die onderskeie takke in die streek te bedank vir hulle harde werk gedurende die jaar.

Die verteenwoordigers van die Helpende Hand-takke in Roodepoort, Krugersdorp, Randburg, Vanderbijlpark, Germiston, Kempton Park, Alberton, Vereeniging, Nigel, Luipaardsvlei, Brakpan, Meyerton, Lambton, Boksburg, Paulshof, Springs, Sasolburg en Villiers het almal vroegoggend bymekaar gekom om saam te kuier en meer van Helpende Hand se toekomsplanne te wete te kom.

Ernst Vorster, die adjunk-uitvoerende hoof van bemarking, kommunikasie en gemeenskapsontwikkeling, het meer oor Die Land Behoort Aan Jou-veldtog uitgebrei, en het gesê, “Die doel van hierdie veldtog is om hoop in Suid-Afrikaners se harte te laat opvlam en om landsburgers te inspireer om in die land te bly en daarin te belê.”

Christa Potgieter, wat as maatskaplike werker by die nuwe afdeling Maatskaplike Dienste aangestel is, het ook die geleentheid gehad om te verduidelik waaroor dié dienste gaan, asook die belangrikheid daarvan om die regte prosedures te volg om kwessies te hanteer en ‘n volhoubare uitweg te vind.

Chantelle Marx, die sosiale en digitale mediabeampte, het ook allerhande truuks aan die kongresgangers oorgedra sodat hulle sosiale media meer doeltreffend kan aanwend.

Mariëtte van de Werken, Gauteng-Suid streekorganiseerder, het gesê, “Volgens die terugvoering wat ons ontvang het, was die kongres ‘n reuse sukses. Die hoofdoel van die geleentheid was om as streeksorganiseerder elke Helpende Hand-tak in die streek, asook ons vrywilligers te bedank. Sonder hulle sal ons nie kan doen wat ons doen nie.”

Vir meer inligting, of om by Helpende Hand betrokke te raak, kontak Mariëtte by 071 548 8013.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button