Editor's choiceLocal newsNews

‘Vir ons is hy ‘n held in die gemeenskap’

Gemeenskapsbetrokkenheid is vir hom baie belangrik

 

Vennootskappe hou baie voordele in en dit is ook die geval met die vennootskap tussen Laerskool Roodekrans en Johan Smit van Ouklip Engen-diensstasie en geriefswinkel.

“Ons verbintenis met Johan strek al oor etlike jare, en sy ondersteuning van ons jaarlikse gholfdag getuig daarvan. Hy is al vir die afgelope 20 jaar ons hoofborg. Hy ondersteun ook nie net ons gholfdag nie, maar is ook by verskeie ander projekee betrokke. Vir ons is hy definitief ‘n gemeenskapsheld,” het Marius Swanepoel, die skool se Adjunk-hoof, gesê.

Hy het bygevoeg dat Johan iemand is wat altyd sal help waar hy kan, en ‘n goeie voorbeeld is van iemand wat sy gemeenskap ondersteun, en het gesê, “Ons glo dat die sukses van enige instansie afhanklik is van die ondersteuning wat van die gemeenskap ontvang word. Engen Ouklip is, net soos Laerskool Roodekrans, ‘n baken in ons gemeenskap, en ons is baie trots op ons vennootskap met hulle. Ons kan net dankie sê vir die volgehoue en uitsonderlike wyse waarop Johan ons skool ondersteun.”

Die 63-jarige Johan het vertel dat hy nog altyd ‘n omgeemens was, en dat hy daarin glo om by die gemeenskap betrokke te wees. “Ek glo vas dat as jy nie minstens ‘n gedeelte van dit wat jy van die gemeenskap ontvang (deur hul ondersteuning van jou besigheid) terugploeg nie, jy hulle te na kom,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy by Laerskool Roodekrans betrokke geraak het ‘n jaar nadat hy die besigheid gekoop het, en het gesê, “Hulle het my genader vir ‘n borgskap of donasie vir hulle jaarlikse gholfdag en ek het die geleentheid aangegryp. Dit was eers net ‘n normale borgskap, maar ek is nou die hoofborg, en was nog nooit spyt daaroor nie.”

Dis nie net gemeenskapbetrokkenheid wat vir Johan belangrik is nie, hy glo ook in ‘n goeie opvoeding vir kinders. “Dit is een van die hoofredes hoekom ek ‘n vennootskap met Roodekrans gesluit het, want ek is baie beïndruk met die manier waarop hulle hul leerders opvoed en dissiplineer. Die waardestelsel wat hulle by die kinders tuisbring, is ‘n riem onder my hart,” het hy gesê.

Hy het afgesluit deur te sê dat hy by heelwat ander gemeenskapsprojekte ook betrokke is, maar sy geskiedenis met Roodekrans was nog altyd gevul met baie pret. “Hulle het my nog altyd goed behandel, en ek hoop dat hulle kan sê dat ek nog net altyd goed vir hulle was.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button