Editor's choiceLocal sportSport

Sensei Johan Roets beloon vir harde werk

Sertifikaat tydens kampioenskappe oorhandig

 

Die 87-jarige sensei Johan Roets het onlangs die 61e karateka geword wat sy 8e Dan-gradering suksesvol voltooi het.

Sy sertifikaat is deur Shihan Ueki aan hom oorhandig tydens die JKA Afrika Spele wat by die Ellis Park Arena gehou is. Shihan Ueki is lid van die hoofbestuur van die Japanese Karate Assosiasie (JKA), en het SA JKA onder sy vlerk geneem.

“Ons was bevoorreg om van die Japanese instrukteurs hier te hê, en dit is ‘n riem onder die hart om te weet dat hulle baie beïndruk was met die standaard van Suid-Afrikaanse karate. En, om my sertifikaat van Shihan Ueki te ontvang, was beslis vir my ‘n hoogtepunt, ‘n groot eer en voorreg,” het Johan gesê.

Hy het bygevoeg dat hy volgens die JKA die oudste voltydse instrukteur is wat nog aktief by afrigting betrokke is. Johan is ook al vir die afgelope 10 jaar die president van die SA JKA.

“Maar, as dit nie vir al my studente se liefde en respek vir my en die sport was nie, sou ek nie vandag hierdie eer en toekenning kon ontvang nie,” het hy gesê.

Johan is reeds die afgelope 50 jaar betrokke by karate-afrigting en is vir die afgelope 33 jaar by die Roodepoort Karate Sentrum betrokke. “Ek het al vele Springbokke/ Proteas en wêreldkampioene opgelewer en baie studente op nasionale vlak afgerig. My studente maak my altyd trots met hul prestasies by toernooie asook tydens graderings, en daarvoor is ek baie dankbaar,” het hy gesê.”

Hy het verduidelik dat hy graag eendag Japan toe sou wou gaan om die Dojo te gaan besoek, en het verduidelik, “In hierdie dojo is daar ‘n grafiek teen die muur waarop die name verskyn van alle karateka wat ‘n 5de Dan of hoër het. Ek sal vreeslik graag my naam daar wil gaan soek, want ek glo dat dit ‘n ongelooflike belewenis sal wees.”

Hy het afgesluit deur elkeen wat van regoor die wêreld gelukwensinge gestuur het, te bedank en het gesê, “Ek wil ook graag vir my vrou van amper 62 jaar, Hester, baie dankie sê dat sy altyd aan my sy is en my ondersteun.”

Vir meer inligting oor die dojo, kontak sensei Johan by 082 920 0781.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button