Editor's choiceNewsSchools

Roodies se nuwe hoof gereed om nuwe uitdagings aan te pak

'Dit is 'n groot verantwoordelikheid om die hoof van so 'n groot skool te wees'

 

Marina van der Merwe het op 1 Julie amptelik die leisels as hoof by Hoërskool Roodepoort oorgeneem.

Marina, wat al 21 jaar lank in die onderwys is, het vertel dat sy baie verlig was toe die aanstelling amptelik in werking getree het. “Ek het sedert Januarie as skoolhoof waargeneem en dit is baie moeilik om groot besluite te neem as jy in ‘n pos waarneem.

Ek is baie opgewonde oor die groot uitdaging en sien daarna uit om sekere goed by die skool te verbeter,” het sy gesê.

Sy het aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou Universiteit van Johannesburg) gestudeer, waar sy haar BCom Rek-graad en haar Nasionale Hoër Onderwysdiploma verwerf het. “My onderwysloopbaan het by Hoërskool Elsburg in Germiston begin, waarna ek vir ses maande by Krugersdorp High School skoolgehou het. Van Julie 1997 tot Desember 2004 het ek by Hoërskool Florida skoolgehou, in 2005 het ek as die Departementshoof van Handelswetenskappe by Hoërskool Roodepoort begin werk. Ek is in Mei verlede jaar as die skool se adjunkhoof aangestel,” het Marina gesê.

Marina se grootste droom is nie net om hoë standaarde in akademie, kultuur en sport te handhaaf nie, maar ook om ‘n goed toegeruste biblioteek op die been te bring. “Dié biblioteek moet ‘n plek wees waar leerders navorsing en naslaanwerk kan doen, en kan studeer,” het sy verduidelik.

Sy het afgesluit deur die ouers, gemeenskap, leerders en Beheerliggaam te bedank vir die vertroue wat hulle in haar gestel het. “Ek weet ek het almal se ondersteuning en al is dit ‘n baie groot verantwoordelikheid om die hoof van so ‘n groot skool te wees, is dit ‘n uitdaging wat ek met ywer sal aanpak.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button