Editor's choiceNewsSchoolsUpdate

Bastion onthou juffrou Lubbe

Hoof gee oorkonde aan haar dogter

 

Hoërskool Bastion se onderwysers, leerders en oudleerders het op 24 Mei hul laaste eer tydens ‘n gedenkdiens aan Jeanetta Lubbe bewys.

Jeanetta was vir die afgelope 35 jaar by die skool betrokke – eers as onderwyser, Departementshoof en Adjunkhoof, en die laaste paar jaar as berader. Sy is op 13 Mei oorlede nadat sy lank siek was.

Lees ook: Groot leemte by Bastion na onderwyser se afsterwe

Tydens die gedenkdiens is ‘n oorkonde vir haar onbaatsugtige en volgehoue diens van 1985 tot 2018 aan haar oudste dogter, Clarette Lubbe oorhandig.

Gert Koekemoer, die skoolhoof, het gesê, “Jeanetta was altyd ‘n ware dame wat die leerders, ouers en haar kollegas met opregte liefde, agting en deernis behandel het. Sy was die verpersoonliking van nederigheid en ‘n mentor vir vele van die onderwyspersoneel. Sy was vir menige by die skool ‘n moederfiguur.”

Die diens is met die sing van die Skoollied afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button