Editor's choiceLocal newsNews

Wilropark-seun se droom bewaarheid

'Om iemand se droom te kon bewaarheid, was amper soos om my eie droom te bewaarheid'

 

Die negejarige Ludick Fouché het nog altyd ‘n groot passie vir die nooddienste gehad. Hy het onlangs die geleentheid gekry om dié dienste self te beleef.

Ludick is vyf jaar gelede met Duchenne Spierdistrofie gediagnoseer. Die siekte laat die lyer se skeletspiere erg verswak en hoewel daar behandeling vir dié toestand is, is dit ongeneesbaar.

Deon van Wyk gesels met Ludick Fouché. Foto: Facebook

“Ludick se grootste droom is om ‘n polisieman te word, en met die hulp van die Kruin Community Voluntary Association (KCVA) en hul vennote, kon ons help om ‘n deel van sy droom – om in ‘n polisiemotor te ry – te bewaarheid,” het Roza Langerman, Ludick se ouma vertel.

Roza, wat ‘n lid van die KCVA is, het vir Deon van Wyk van Ludick vertel, en hy het dadelik werk daarvan gemaak. “Ek het met ons vennote, die polisie, ER24 en Apcan gesels, en hulle was vuur en vlam om te help. Apcan het kolonel Mario Caroto van die Honde-eenheid genader en hy het ingewillig om die nodige te doen om Ludick se droom te help bewaarheid,” het Deon gesê.

Agter: Kolonel Mario Caroto. Voor: Kaptein Paul Fouché en Ludick Fouché.

Ludick se verbasing was baie groot toe daar ‘n ambulans en polisievoertuig voor sy ouma-hulle se huis gestop het, en hy gehoor het dat hulle hom wou sien. Hy het toe binne-in die ambulans gesit terwyl die paramedikus die verskillende soorte toerusting vir hom gewys het en aan hom verduidelik het wat die funksies daarvan is.

https://www.facebook.com/659986417468807/videos/1223603594440417/

Daarna het hy saam met kaptein Paul Fouché in die polisiemotor gery en ook met die polisiehonde kennis gemaak. Ludick kon kies of hy saam met sy ouma-hulle of in die Apcan mediese voertuig wou terugry huis toe, en het sonder om te huiwer die mediese voertuig gekies.

Ludick was baie oorweldig, maar hy kon darem met ‘n breë glimlag sê, “Baie dankie vir alles, dit was vreeslik lekker en baie spesiaal. Alles was baie cool.”

“Dit wat vandag hier gebeur, maak ‘n mens baie emosioneel. Ons doen dit nie elke dag nie, en dit is iets besonders om te kan help om iemand se droom te bewaarheid. Dit voel amper asof ek vandag my eie droom bewaarheid het,” Mario het gesê.

Michael Smith (ER24) en Ludick Fouché. Foto’s: Adéle Bloem

Deon het met die volgende woorde afgesluit, “Vir ons gaan dit nie nét oor sekuriteit nie, maar ons doel is ook om ‘n gemeenskap wat vir ander omgee, te herbou. En dit wat vandag hier gebeur het, is maar net een voorbeeld daarvan. Daar het baie moeite daarin gegaan om hierdie seun se hartjie bly te maak.”

Vir meer inligting oor Ludick se reis, besoek sy Facebook-blad hier 

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button