Editor's choiceSchool sportSport

Drie Florrie-swemmers tem die Midmar Myl

Keegan word deel van die elite Midmar 8 Mile Club

 

Drie Graad 9-leerders van Hoërskool Florida het aan die afgelope Midmar Myl deelgeneem en baie goed presteer.

Swemmers wat aan die Midmar Myl deelneem, kry die geleentheid om geld vir ‘n liefdadigheidsorganisasie  in te samel.

Dana Janse van Vuuren en Simoné van Staden het sewe myl (11,3km) geswem. Keegan Oliver het agt myl (12,9km) geswem en daarmee ‘n plek in die Midmar 8 Mile Club verdien.

Keegan het haar agt myl in vyf uur en vyf minute voltooi, en haar vinnigste myl was 33 minute en 45 sekondes. Simoné se vinnigste myl was 34 minute en 36 sekondes, terwyl Dana s’n 40 minute en 20 sekondes was.

Die organisasies wat by die leerders se prestasies gebaat het, is Ezemvelo, KZN Wildlife en Save the Rhino.

“Baie geluk met hierdie pragtige prestasies! Florries is trots op ons talentvolle swemmers,” het Morné Hanekom, die skool se bemarkingsbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button