Editor's choiceNewsSchools

Florries skitter tydens Distrik-prysuitdeling

Hoërskool Florida vereer

 

Hoërskool Florida is tydens die afgelope Distrik-prysuitdeling vir hul harde werk beloon. Die prysuitdeling was vir dié wat tydens die 2017-matriekeindeksamen uitgeblink het.

Die funksie het by Hoërskool Roodepoort plaasgevind en is deur skole van regoor die distrik bygewoon.

Gerhard Koekemoer (Elektriese Tegnologie), Mari Janse van Vuuren (Inligtingstegnologie), Koos van Vuuren (Siviele Tegnologie) en Hesta van Straaten (Dramatiese Kunste). Foto’s: Adéle Bloem

Florries is op grond van hul slaagsyfer as die Top Achieving Town School aangewys. Vir hulle gehalte-uitslae het hulle die toekenning vir Excellence in Town Schools asook dié vir Overall Excellence School ontvang.

Stéfan Nel is as die duxleerder van die distrik aangewys, en het ook toekennings vir die hoogste prestasies in Wiskunde, Engels, Afrikaans en Inligtingstegnologie (IT) ontvang.

Johan Byleveld (IGO), Miki Viljoen (Toerisme), Marietjie Bezuidenhout (Gasvryheidstudies) en Lina le Roux (Fisiese Wetenskappe)

Sewe ander leerders het ook toekennings vir die hoogste prestasie in hul onderskeie vakke ontvang. Hulle is Anja Schoeman (Musiek), Marikus Leibrandt (Siviele Tegnologie), Zander Henery (Dramatiese Kunste), Lourens Buitendach (Ingenieursgrafika en Ontwerp), Danelle Breedt (Visuele Kuns), Jean-Dré Viljoen (Engels) en Jesica Ann Labuschagné (Gasvryheidstudies).

Sestien van die skool se onderwysers het erkenning ontvang vir die hoogste gemiddeld in die vakke wat hulle aanbied. Die vakke waarvoor toekennings ontvang is, is Afrikaans (62,7 persent), Engels (65,9 persent), Toerisme (68,4 persent), Gasvryheidstudies (58,8 persent), Ingenieursgrafika en Ontwerp (63,4 persent), Fisiese Wetenskappe (62,2 persent), Siviele Tegnologie (71 persent), Elektriese Tegnologie (55,8 persent), Dramatiese Kunste (80,1 persent) en Inligtingstegnologie (67 persent).

Die Afrikaans-personeel is Francis van Niekerk (Departementshoof), Audrey van Heerden en Magriet Vorster. Afwesig: Alta-Mari Kruger.

Lina le Roux en Mari Jansen van Vuuren het spesiale toekennings vir onderskeidelik Fisiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button