Editor's choiceLocal newsNews

AfriForum bedank gemeenskap

"Ons hoofdoel was om die gemeenskap, asook alle rolspelers te bedank."

 

“Die hoofdoel van vandag se geleentheid is om die nooddienste, Polisiediens, sekuriteitsmaatskappye sowel as die gemeenskap te bedank.“Ons het besluit om ‘n braai te reël waar almal by mekaar kon kom en net die dag geniet. Alhoewel die weer nie so lekker wou saamspeel nie, glo ek die geleentheid was redelik suksesvol,” het Gideon Coetzee, koördineerder van AfriForum Johannesburg-Wes se buurtwag gesê.Die buurtwag is ongeveer ‘n jaar gelede gestig omdat daar ‘n behoefte was aan beter strukture en dat fondse beter bestuur moet word. “Die helfte van die maandelikse ledegeld wat aan AfriForum betaal word, word vir die gemeenskap aangewend deur projekte wat verband hou met munisipale dienste, veiligheid, die jeug en nog vele meer,” het Okkie Nel, die voorsitter van Veiligheid gesê.

Antoney Kruger, Tiaan Janse van Vuuren en Quinton Pretorius van die Forida Buurtwag.

Die buurtwaglede werk saam met lede van ander gemeenskapspolisiëringsforums en buurtwagte in die omgewing. “Van ons lede is ook betrokke by die Florida Buurtwag. Elke lid van die buurtwag is ‘n vrywilliger, en ontvang glad nie ‘n salaris nie,” het Okkie gesê.

Gideon Coetzee, Frikkie le Grange en Gary Jordaan. Foto’s: Adéle Bloem

“Ons het die gemeenskap genooi om die dag saam met ons te kom geniet, en ook al hul bekommernisse met ons te bespreek sodat ons ons beplanning so kan doen dat ons verseker dat die gemeenskap veiliger kan wees,” het Gideon gesê.

Hy het bygevoeg dat alhoewel hulle deel van AfriForum is, hulle nie net AfriForum-lede bystaan in tye van nood nie. “Ons is nie selektief wanneer dit by nood en hulp kom nie, ons bied ons hulp by huisbrande, ongelukstonele, inbrake en nog vele meer aan,” het hy gesê.

Joseph Makai en Clement Ndlovu van Beagle Watch.

Die funksie is bygewoon deur gemeenskapslede, lede van die Stad Johannesburg se Brandweerdienste, ER24 en QRS Ambulansdienste, Florida-polisie, Florida-speurders, Emergency Control SA, Tau Protection Services, die sekuriteitsmaatskappye Apcan, Best Secure, Dunmar, Bhekani Abantu en SCP, Flomotion Victim Empowerment Team, Florida Buurtwag, Florida Hills Inwonersforum, Florida Sektor 1 Responders en M & D-gemeenskapspolisiëringsforum.

Okkie het met die volgende woorde afgesluit, “Ons wil net graag die gemeenskap, sowel as al die ander rolspelers waarmee ons saamwerk, bedank vir hul ondersteuning en samewerking. Dit help dat ons misdaad suksesvol kan bekamp en ‘n veiliger omgewing vir die gemeenskap kan skep, en projekte in die gemeenskap van stapel kan stuur om dienste te verbeter.”

Dave Ubsdell en Trevor Beukes het gesorg dat die vleis gebraai word.

Vir meer inligting oor AfriForum se buurtwag, kontak gerus vir Okkie by 062 597 8154 of Gideon by 071 854 0969.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button