Editor's choiceNewsSchools

Florries wys wetenskap is pret

Graad 10-leerders presteer tydens uitdunne

Ses leerders van Hoërskool Florida het onlangs die geleentheid gehad om hul wetenskap- en tegnologievaardighede ten toon te stel.

Marnus Toerien, Riande Janse van Rensburg, Marc Mynhardt, Dohan Steyn, Charl du Plessis en Tiaan Ludike het aan die Universiteit van Johannesburg se CO2 Dragster Challenge deelgeneem en baie goed presteer.

Die doel van die uitdaging is om leerders die geleentheid te gee om hul begrip van wetenskap en tegnologie te demonstreer deur ‘n CO2-modelsleeprenmotor (dragster) te ontwerp. Die sleeprenmotors jaag dan teen mekaar resies om te bepaal watter renmotor aërodinamies die doeltreffendste is.

Dié ses leerders was almal finaliste tydens die Wes-Randse uitdunne en het die volgende prestasies behaal:

• Dohan en Charl het albei eerste plekke behaal

• Marc Mynhardt het ‘n tweede plek behaal

• Marnus Toerien, Riande Janse van Rensburg en Tiaan Ludike het ‘n derde plek behaal

Hierdie prestasies het verseker dat hulle vir die groot eindstryd gekwalifiseer het wat in Oktober op die Zwartkops Renbaan gaan plaasvind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button