LettersOpinion

Daar behoort swaar boetes te wees

VF Plus Raadslid Franco de Lange skryf:

Die wateronderbreking wat sedert Sondagoggend veroorsaak het dat groot gedeeltes van Roodepoort sonder drinkwater was, kan toegeskryf word aan die nalatigheid van ‘n onafhanklike boukontrakteur wat ‘n hoofwaterpyp in Constantia Kloof raakgekap het.

Behalwe dat mense vir meer as 48 uur sonder water was, het 10 000 kiloliter water verlore gegaan. ‘n Groot bron van kommer is dat selfs plekke wat noodsaaklike dienste lewer, soos Life Flora Kliniek sonder water was.

Ek het die bouperseel besoek en gesien die hoofwatertoevoerpyp lê sowat ses meter diep. Dit laat die vraag ontstaan of die boukontrakteurs die moeite gedoen het om die opgegradeerde waternetwerkplanne na te gaan en seker te maak dat dié soort ongeluk nie plaasvind en belastingbetalers sonder basiese dienste sit nie.

Die VF Plus veroordeel dié onbehoorlike optrede van die kontrakteur wat ook verbruikers briesend maak. Die VF Plus stel dus voor dat sulke kontrakteurs wat die stad se riool- en elektrisiteitnetwerke skade berokken, swaar boetes opgelê word.

Related Articles

Back to top button