Editor's choiceSchool sportSport

Skeidsregter maak dit ses in ‘n ry

Skeidsregter maak dit ses in 'n ry

Hoërskool Bastion se hokkie-organiseerder het vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar as skeidsregter by die jaarlikse o.16 interprovinsiale toernooi diens gedoen.

Annie de Wit was tydens die afgelope skoolvakansie in Bloemfontein waar sy as skeidsregter in aksie was. “Dit was die sesde jaar dat sy by dié gesogte toernooi betrokke was, en die tweede jaar by die o.16’s. Verlede jaar was sy die skeidsregter vir die halfeindrondte en relegasiewedstryde en dié jaar het sy die halfeindrondte asook die eindstryd tussen die Westelike en Oostelike Provinsie hanteer,” het Monique Naudé, die skool se skakelbeampte gesê.

Annie sal volgende jaar na die o.18 IPT opskuif, waar sy hoop om haar vlak twee-skeidsregtersgradering te behaal.

“Bastion is baie trots op hierdie prestasie en is opgewonde om te sien wat Annie nog tot ons hokkie kan byvoeg,” het Monique afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button