Editor's choiceSchool sportSport

Florrie-skuts is goud werd

Caitlin en Nadine ryg die medaljes in

Twee van Hoërskool Florida se skuts het tydens die skoolvakansie aan verskeie kompetisies deelgeneem en baie goed gevaar.

Nadine Nel, ‘n Graad 9-leerder, het tydens die Noord-Gautengse Ope-byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Skoleskutters Unie in die o.16 Sporterklas deelgeneem en ‘n gouemedalje verwerf. Sy het met ‘n algehele eerste plek weggestap.

Caitlin Oelofse, ‘n Graad 10-leerder het tydens dieselfde kompetisie in die o.21 Presisieklas deelgeneem en vir 3P ‘n gouemedalje verwerf en ‘n silwer gekry vir 10M. Sy het die kompetisie met ‘n algehele eerste plek afgesluit.

Caitlin het ook aan die South African Air Rifle Association Gauteng Ope-kampioenskappe deelgeneem. Sy het twee goue medaljes vir die o.16 10M Olimpies en 3P-presisieklas verower.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button