Editor's choiceNewsSchools

Havie-leerder is ‘n bobaas-redenaar

Graad 4-leerder deur na halfeindrondte van redenaarskompetisie

Een van Laerskool Dr Havinga se redenaars het vir homself ‘n plek in die halfeindrondte losgepraat.

Vernon Beyer, ‘n Graad 4-leerder, het in Maart aan die eerste rondte van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetise deelgeneem.

Die kompetisie het by Hoërskool Linden plaasgevind en Vernon het na die halfeindrondte deurgedring.

“Die volgende rondte vind op 26 Mei by Hoërskool Linden plaas en ons is dood seker Vernon sal hom goed van sy taak kwyt.

Ons wil hom net weereens gelukwens met die uitsonderlike prestasie,” het Anesta Zevenster, die skool se skakelbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button