Editor's choiceLocal newsNews

Markdag om behoeftiges te help

Geld ingesamel vir behoeftiges tydens markdag

“Almal samel altyd geld in vir die Kankerverenigning van Suid-Afrika (Cansa) of diere, maar daar is nie baie insamelings vir ons oumense nie.”

So het Marna Dreyer van Sassy Salon gesê tydens hul markdag wat op Saterdag (6 Mei) gehou is. Die markdag, wat by Laerskool Helderkruin aangebied is, was vol pret met al die aktiwiteite wat onder meer springkastele, boerepsport, ‘n rodeo-bul, veilings, ‘n talentkompetisie, asook baie pryse ingesluit het.

Vanessa Nel en Johan Meintjies tydens die boeresport.

Besoekers is vermaak met optredes deur Clive Bruce asook Mariza en Chrissie Rossouw. Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies wat in elke besoeker se behoefte voorsien het.

Marna het bygevoeg dat al die geld wat gedurende die dag se aktiwiteite ingesamel is, vir ‘n baie goeie doel gebruik gaan word. “Ons sal die plaaslike ouetehuise kontak en vir hulle vra wat hulle behoeftes is en dan kyk of ons daarin kan voorsien. Ons sal ook fisies die ouetehuise gaan besoek en die inwoners ‘n bietjie bederf – hetsy met ‘n pedikuur, manikuur of sommer net ‘n rukkie se kuier en gesels. Ons werk ook baie nou saam met Laerskool Helderkruin en voorsien snoepiekaarte vir behoeftige kinders, wat hulle in staat stel om van ‘n spesifieke spyskaart af ietsie te ete te koop,” het sy gesê.

Tinus T’Laino. Foto’s: Adéle Bloem

Vanessa Nel, die eienaar van die salon het bygevoeg dat hulle ook enige donasies van komberse, klere, skoene, niebedefbare voedsel, boeke en nog meer verwelkom. “Enigiets waaraan jy kan dink wat die lewe vir ‘n senior burger bietjie makliker kan maak, sal welkom wees,” het Vanessa gesê.

Vir meer inligting oor wat die salon doen, skakel gerus vir Vanessa by 084 506 2921 of stuur ‘n epos na sassycharity@sassysalon.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button