Editor's choiceLocal newsNews

Ons Huis word 50 jaar oud

Die besturende voorsitter Dalene de Wet nooi almal wat in 1967 op enige manier betrokke by die aftreeoord was, om die dag saam met hulle te geniet

Residentia Ons Huis word 50 jaar oud en beplan ‘n groot makietie op 7 en 8 April.

Die besturende voorsitter Dalene de Wet nooi almal wat in 1967 op enige manier betrokke by die aftreeoord was, om die dag saam met hulle te geniet. “Daar is dalk kinders of kleinkinders van die destydse inwoners wat nog in die omgewing woonagtig is wat ons baie graag die dag by ons sou wou hê.”

Op 7 April, om 5nm word ‘n ligte vingerete aangebied en dan gaan Elmien Botha ‘n praatjie lewer met die tema: ‘Jollie Patrollie tot op 80’.

Op Saterdag 8 April vanaf 12nm tot laat gaan daar nie net ‘n grootskerm TV wees vir die rugbyaanhangers nie, maar daar gaan ook ‘n potjiekoskompetisie gehou word. Daar is groot pryse op die spel. Gaskunstenaar Vernon Muso gaan seker maak dat die gaste vermaak word.

Dalene sê hoewel hulle nie ‘n ingangsfooi vra nie, versoek hulle dat besoekers tog ‘n bydra tot die medisynekas sal lewer. “Ons gaan besoekers vra vir om ‘n pakkie pleisters, Panado tablette, hoesstroop, multi-vitamienes, watte, ‘linen savers’, aqua room of kasterolie te bring as toegangsfooi. Die inwoners moet versorg word en aangesien die staat nie meer ‘n bydra lewer nie, sal dié donasies baie welkom wees.”

Die funksie word by die Hervormde Kerksaal op die hoek van Main en Marystraat, Florida gehou.

Vir verdere navrae, kontak Ronel by die Ons Huis kantoor op 011 672 5018. Dalene kan ook geskakel word op 082 824 9406.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button