NewsSchools

Florries se modelle skitter

Twee Hoërskool Florida-leerders palm titels by modelkompetisie in

Twee leerders van Hoërskool Florida het onlangs aan modelkompetisies deelgeneem, en skitterend presteer.

Anzél Bezuidenhout, ‘n Graad 8-leerder het aan die Miss Teen World South Africa-kompetisie deelgeneem en is as tweede prinses gekroon. Danélle Delport, ‘n Graad 9-leerder het aan die Miss Teen Queen of the Universe-kompetisie deelgeneem waar sy as algehele wenner gekroon is.

Altwee kompetisies is deur Pageants SA georganiseer.

Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte het gesê dat hulle baie trots is op die twee leerders wat so goed op die loopplank gevaar het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button