Editor's choiceLocal newsNews

Lefra Produksies hou oudisies

Gebruik die geleentheid om jou teaterdroom te bewaarheid

Wou jy nog altyd die ster in ‘n verhoogproduksie wees? Hou jy daarvan om in die kollig te wees? As jou antwoord “ja” is, lees verder.

Lefra Produksies beplan om weer volgende jaar ‘n verhoogproduksie van Fiela se Kind (geskryf deur Dalene Matthee) op te voer. Hierdie produksie sal die derde een wees wat Lefra aanbied. Die vorige teaterproduksies was baie gewild en was weke vooruit uitverkoop.

Volgens Frans Swart, die regisseur en vervaardiger van Fiela se Kind is hy baie opgewonde om weer na die bos toe terug gaan en die storie van Fiela te vertel. “As mens ‘n goeie storie het, is dit soveel makliker om ‘n sukses daarvan op die verhoog te maak. Ons is veral opgewonde dat hierdie produksie by die Stellenbosch Woordfees première. Dit gaan ook by die baie suksesvolle Oppiwater Kunstefees te sien wees,” het Frans vertel.

Die oudisies vir die kinderrolle word nou gedoen. Volgens Frans is dié rolle die belangrikste, omdat die hele storie om Benjamin/ Lukas draai. “Ons gebruik ‘n groot en ‘n klein Benjamin/ Lukas asook ‘n groot en ‘n klein Nina. Die rolle is belangrik omdat dit sal bepaal watter akteurs die volwasse rolle gaan vertolk.

Ons is ook op soek na Fiela en Selling se ander kinders,” het Frans opgewonde vertel.

Frans het gesê dat hy baie trots is op Stefan Vermaak (Villa Rosa) wat agt jaar gelede die rol van klein Benjamin vertolk het en so sy eerste tree in die vermaaklikheidswêreld gegee het. Volgens Frans is dit ‘n baie lekker rol vir enige seun wat in die teaterwese belangstel.

Die rolle waarvoor oudisies gehou gaan word, is:

– Benjamin (kind) – Wit seun tussen 10 en 14 jaar oud

– Nina (kind) – Wit dogter tussen 10 en 14 jaar oud

– Lukas (Volwasse) – Wit man tussen 20 en 30 jaar oud

– Nina (Volwasse) – Wit vrou tussen 20 en 30 jaar oud

– Lange/ Magistraat/ Skoonmaker by hof/ Boswagter/ Martiens – Lang, skralerige man tussen 40 en 50 jaar oud

– Dikke/ Magistraat/ Konstabel/ Veldkornet – Effens gesette man tussen 40 en 50 jaar oud

– Willem (Kristoffel) – Wit seun tussen 12 en 16 jaar oud

– Dawid (Tollie) – Bruin seun tussen 12 en 16 jaar oud

– Emma (Kitty) – Bruin dogter tussen 14 en 18 jaar oud

– Tant Gertjie (Malie) – Wit vrou tussen 40 en 50 jaar oud

Alhoewel dit nie ‘n vereiste is nie, sal dit baie help as die kinders wat oudisies vir die rolle doen, reeds drama-opleiding gehad het. Belangstellendes kan hul CV’s, tesame met ‘n onlangse foto na die volgende eposadres stuur: admin@lefra.com. Sluitingsdatum vir aansoeke vir oudisies is 2 Desember om 1nm.

Vir meer inligting kontak Charl Senekal by 011 815 3000 of stuur ‘n epos na info@lefr.com.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button