Editor's choiceNewsSchools

Hories verwelkom nuwe personeellid

Nuwe adjunkhoof vir Laerskool Horison

Laerskool Horison se personeelgetalle het onlangs gegroei toe Roché Marx as die nuwe adjunkhoof aangestel is.

Roché het sy skoolloopbaan by Hoërskool Florida voltooi en sy lewe as student by die Universiteit van Stellenbosch begin.

Hy het later by die Universiteit van Potchefstroom sy BEd Honneursgraad in onderwysreg, -bestuur en -stelsels voltooi.

Sy onderwysloopbaan het by Potchefstroom Gimnasium as onderwyser en rugbyorganiseerder afgeskop.

Laerskool Protearif in Krugersdorp was sy volgende werkplek toe hy in 2012 ‘n pos daar aanvaar het. Hy is later as Departementshoof aangestel en het ook sy meestersgraad in Onderwysreg voltooi.

Roché het ‘n groot liefde vir sport en was tydens sy loopbaan by Potchefstroom Gimnasium by die afrigting van die Luiperds se o.18 en 0.19 provinsiale spanne betrokke. Hy het al op verskeie krieket- en rugbykomitees gedien en was hierdie jaar die Goue Leeus 0.12-vyftiental se afrigter.

Roché is passievol oor sy taal en was voor sy aanstelling by Laerskool Horison ‘n professionele leergemeenskapleier by die intermediêre fase vir Afrikaans en hy was by die Gauteng-Wes Distrik betrokke.

Hy gee tans vir die Graad 4-leerlinge klas en bied Afrikaans Huistaal aan.

“Ek is trots om deel te vorm van die Horie-familie en sien uit om ‘n bydrae in die skoolgemeenskap te lewer,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button