Editor's choiceNewsSchools

Kruiners sing plek oop in finaal

Altwee kore dring deur na grand finale

Laerskool Helderkruin het onlangs aan die Sing in Harmonie-kompetisie saam met kore van Laerskool Roodekrans, Laerskool Midvaal en Laerskool Middelburg deelgeneem.

Die episode van hulle optrede is op kykNET NOU (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Helderkruin het twee kore vir die kompetisie ingeskryf en altwee het na die grand finale deurgedring.

Melinda Nel, die dirigent van die koor was baie opgewonde oor die prestasie het gesê,

“Ons is verskriklik opgewonde en kan nie wag om by die finaal uit te kom nie”.

Die finaal sal op 24 en 25 September in die Globe by Silverstar Casino in Krugersdorp plaasvind en ‘n gehoor van nagenoeg 3 000 toeskouers word verwag.

Die kore sal die verhoog deel met gaskunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Joe Foster en baie meer.

Die Sing in Harmonie-kompetisie is op laerskoolkore regoor Suid-Afrika gerig en gee hulle die geleentheid om op televisie hul merk te maak. Die kore staan ‘n kans om meer as R178 000 se pryse los te slaan, wat ‘n CD-opname van 10 snitte, ‘n musiekvideo-opname, R10 000 kontant vir die skool en hope televisieblootstelling insluit.

Anthonie Bougas, aanbieder van Sing in Harmonie het gesê, “Ek het as kind en tiener in verskeie kore gesing, maar koorsang was ‘n aktiwiteit wat nie altyd erkenning gekry het soos sport nie. Daarom wou ek ‘n geleentheid skep waar hierdie leerlinge (wat soms ‘uit’ voel) die kans kry om op nasionale vlak en boonop op televisie hul merk maak.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button