Editor's choiceLocal newsNews

Geliefde onderwyser sterf

Johan van Niekerk oorlede aan komplikasies na operasie

Hoërskool Roodepoort se leerlinge, onderwysers en oudleerlinge is vanoggend (23 Augustus) begroet met die hartseer nuus dat een van hul geliefde onderwysers oorlede is.

Johan van Niekerk was die afgelope 29 jaar ‘n Biologie-onderwyser by Hoërskool Roodepoort. Hy is onlangs as die Departementshoof vir Lewenswetenskappe aangestel. Hy sou volgende jaar afgetree het.

Volgens Andri Groenewald, Van Niekerk se dogter, was hy sedert 14 Augustus in die hospitaal.

“My ma het hom in die week na Brits Kliniek toe geneem omdat hy nie kon asem kry nie. Hy is Saterdag (20 Augustus) na Flora Kliniek oorgeplaas omdat daar nie ‘n sjirurg in Brits beskikbaar was nie,” het sy gesê.

Van Niekerk is gestabiliseer en het gister (22 Augustus) ‘n mantelvliesbreukoperasie ondergaan.

“My pa is omtrent 5vm in die hospitaal weens komplikasies van die operasie oorlede.

Al was hy reeds sedert Vrydagaand in ‘n kritieke toestand was dit vir ons ‘n groot skok om te hoor van sy afsterwe. Hy was voorheen nooit juis siek nie,” het Andri vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button