Editor's choiceNewsSchools

Bastion brul in ondersteuning vir die Leeus

Kaartjies vir semi finaal oorhandig

Die Goue Leeus Rugby Unie het Hoërskool Bastion op 27 Julie besoek. Te midde van ‘n feestelike atmosfeer het die Leeus se Curriebeker-spankaptein, Ruaan Lerm 100 kaartjies vir Saterdag (30 Julie) se halfeindstryd op Emirates Airline Park in Doornfontein oorhandig.

Ruaan Lerm nooi die leerling uit om die wedstryd by te woon terwyl José Diaz toekyk.
Ruaan Lerm nooi die leerling uit om die wedstryd by te woon terwyl José Diaz toekyk.

“Saterdag is vir ons ‘n groot dag. Die laaste keer dat ‘n Super Rugby halfeindstryd op Emirates Airline Park plaasgevind het, was in 1993. Ons wil julle uitnooi om ons te ondersteun,” het Ruaan aan die leerlinge gesê.

Hierdie besoek vorm deel van die Unie se veldtog om dié naweek se Super Rugby-wedstryd te bemark.

Soos een man het die ongeveer 1 000 leerlinge uit volle bors en met oorgawe die skool se kreet uitgevoer. Nadat die laaste eggo van “Leeus! Leeus!” weggesterf het, is die dag se verrigtinge afgesluit.

José Diaz (eerste-rugbyspan kaptein) saam met Ruaan Lerm.
José Diaz (eerste-rugbyspan kaptein) saam met Ruaan Lerm.

Saterdag (30 Julie) se wedstryd tussen die Lions en die Highlanders (Nieu-Seeland) is die tweede halfeindstryd van die Super Rugby reeks. Die wedstryd skop om 3nm af en word op SuperSport 1 op DStv gebeeldsend.

Kyk na die video van die kreet

https://www.youtube.com/watch?v=FuPxDMhRdFg&feature=youtu.be

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button