Editor's choiceNewsSchools

Minikrieket-oggend by Laerskool Helderkruin

Pa's en seuns leer krieketvaardighede.

Laerskool Helderkruin het op 23 Julie hul jaarlikse mini krieket pa-en-seun-oggend gehou.

Die manspersoneel het die dag begin deur die drie hoofafdelings van die spel aan die leerlinge en hul ouers te verduidelik. Elke ouer en leerling het die kans gekry om boul-, kolf- en veldwerktegnieke in te oefen.

Na al die harde oefening was daar ‘n kort pouse sodat elkeen ‘n blaaskans kon kry.

Ouers en leerlinge is deur die vrouepersoneel in verskillende ouderdomsgroepe ingedeel. Daarna het elkeen wat by die dag betrokke was, die kans gekry om hul nuwe vaardighede tydens ‘n wedstryd ten toon te stel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button