Editor's choiceLocal newsNews

Datums om te onthou by Ons Huis

Datums vir jou dagboek

Ons Huis Tehuis vir Bejaardes se jaarlikse kermis word op 30 Julie gehou.

Die dag beloof om propvol pret te wees met iets wat in almal se smaak sal val. Daar gaan springkastele vir die kleinspan en ‘n veteraanmotoruitstalling vir die motorentoesiaste wees. Pannekoek en kerrie-en-rys gaan te koop wees om die hongerpyne te verlig. Daar gaan ook vele stalletjies beskikbaar wees.

Daar is nog drie stalletjiespasies beskikbaar vir bespreking.

Lance James gaan optree en sy vertoning begin reeds om 9:30vm. Ons Huis sal enige finansiële en ander bydraes verwelkom.

Basiese kliniekdienste word elke Vrydag van 10vm tot 12nm gratis aangebied. ‘n Minimale bedrag word gehef vir addisionele dienste soos wondversorging, inspuitings en bloedsuikertoetse.

Ons Huis beplan ook ‘n Damesontbyt op 3 September en hul jaarlikse Kersmark word op 26 November gehou.

Vir enige navrae of meer inligting kontak Ronél Vorster by 011 672 5018.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button