Local newsNews

Die Lolliepop-tannie word 80

Woon sedert 1963 in Horison.

Milly-Anne Pretorius, wat oor die jare bekend gestaan het as die Lolliepop-tannie, vier vandag (14 Julie) haar 80ste verjaarsdag.

Tannie Milly-Anne het die bynaam gekry tydens die 42 jaar waarin sy by die verkeersdepartement in Roodepoort gewerk het en skoliere gehelp het om die straat veilig oor te steek. Elke Vrydag het sy uit haar eie sak lekkergoed gekoop om die kinders wat gehoorsaam was te beloon. Sy het diens gedoen by Laerskool Generaal De La Rey, Arthur Matthews Primary, Wes Ridge High School, Horizon View Primary, Hoërskool Roodepoort, La Salle College, Laerskool Helderkruin en uiteindelik by Panorama Primary waar sy tot Januarie 2015 werksaam was.

Tannie Milly-Anne en haar man Hennie woon sedert 1963 in Horison en het vanjaar hulle 60ste huweliksherdenking gevier.

Namens die gemeenskap sê die Record baie geluk!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button