Editor's note

Dis my verskoning

Diegene wat nog nie deur verkoue en griep platgetrek is nie, byt vas, ek glo jou beurt gaan kom.

Verlede week was dit my beurt. Dis glad nie snaaks nie as jy probeer praat en al wat by jou mond uitkom is ‘n iets wat klink soos ‘n muis wat op ‘n warm sinkplaat dans en sing. Die ergste is egter as mense jou bel en vra of jy siek is. Dis dan wanneer jy besef dat jy sarkasme vlot praat. Ek moes noodgedwonge ‘n dag of twee tuis bly.

Ek het ‘n bietjie op die internet gaan rondsoek en op briefies afgekom wat ouers vir die skool geskryf het met redes hoekom hul kinders afwesig was.

Ek deel dit graag met julle:

* Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid. Sy was baie siek en die dokter het gesê sy moet die afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.
* Geagte skool, Dawie was afwesig op Maart 29, 30, 31, 32 en ook 33.
* Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar vestaantande geslaag.
* Verskoon asseblief vir Pierre, dis sy pa se skuld.
* Santie was nie by die skool nie, want ek is ‘n enkelouer en was in die bed met Giep.
* Maryann was afwesig van die 11e tot die 16e. Sy het ‘n keel, ‘n maag en ‘n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.
* My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op ‘n KJV kamp en het ‘n rowwe naweek gehad.
* Sally wil liewers vandag na ‘n begrafnis toe gaan.
* Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.
* Vir wie ook al hierdie moet lees – Janco sal nie more skool toe kom nie, hy en sy pa is op jag.
* Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om ‘n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en ‘n man en is op gedink.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button