Local newsNews

Hoogtyd vir ‘n high tea

Die Johanitas Damesklub bied 'n spogtee aan.

Dit is hoogtyd vir hulle om ‘n lekker koppie tee en mekaar se geselskap te geniet, het die Johanitas Damesklub besluit en vanoggend (Woensdag 17 Mei) uitgevoer.

Die geleentheid is rondom die idee van ‘n ‘high tea’, ‘n spogtee, gereël. Hulle het vir Joey Louw uit Alberton laat kom om die vroue te vermaak met haar pragmusiek. Na afloop van die konsert het die Johanitas by spoggerige tafels heerlike gebak genuttig. ‘n Persoon is genomineer om elke tafel op te maak en hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die geleentheid het by die Discovery Ontspanningssentrum, hul normale bymekaarkomsplek, plaasgevind.

Met elke geleentheid wat hul reël word ‘n geskenkpakkie weggegee, en hierdie maand was dit die gelukkige Emmie Tolmay wat weggestap het met ‘n affodil-plant wat heldergeel blomme dra.

Wie is die Johanitas?

Dié klub is in 1971 deur Jua Fourie gestig. Hulle spits hulself daarop toe om elke maand ‘n funksie vir hul lede te reël. Die klub reël normaalweg opvoedkundige praatjies, maar hul raak ook kreatief met handewerk en kuier soms net lekker saam. Die klub nooi graag Afrikaanse vroue, wat deur die dag vrye tyd het, om by hulle aan te sluit. Hul ontmoet altyd by die Discovery Ontspanningssentrum, tensy ‘n uitstappie gereël is. ‘n Volledige jaarprogram is beskikbaar. Vir verdere inligting skakel Stephanie van Staden by 011 672 3898 of 072 187 0734 of Cecile Marais by 011 672 5491 of 072 664 5994.

Die res van hul jaarprogram sluit die volgende geleenthede in:

• 21 Junie: Die Johanitas hou ‘n kenmekaar oggend met lekker warm sop en sjerrie.

• Geen funksies in Julie nie aangesien dit te koud gaan wees.

• 16 Augustus: ‘n Uitstappie na Garden World met die Chelsea uitstalling. Lede betaal elkeen self vir toegang en tee.

• 20 September: Die Johanitas hou lenteoggend. Elkeen dra ‘n hoed wat uit blomme gemaak is of daarmee versier is. Elsa van Winkel sal ‘n demonstrasie lewer oor hoe om te bak met filodeeg. Proe-sessie na die tyd.

• 18 Oktober: Vir ‘Internasionale Dag’ sal die Johanitas die Duitse kultuur vier. ‘n Praatjie oor ‘Rothenburg ob der Tauber’ word gelewer en eg Duitse kos word bedien. R20 per persoon.

• 15 November: Afsluitingsete. Details sal nog aangekondig word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button