NewsSchools

Roodies skiet hul pad boontoe

Laerskool Roodekrans-seuns neem aan NASP Gauteng Interskole Boogskietkompetisie deel.

Silwer medaljes pronk nou in Marno Joubert en Ewan Stander se slaapkamers nadat hul gewys het hoe hul kan boogskiet.

Dié twee Roodies het in April Centurion toe deurgeskiet om aan die NASP Gauteng Interskole Boogskietkompetisie te gaan deelneem. Die byeenkoms in by Laerskool Bakenkop gehou.

Na vele pyle afgeskiet is het beide silwer medaljes ontvang aangesien hul span ‘n algehele tweede plek behaal het.

Marno Joubert is ook as die derde beste junior seuns-skut uit agt skole aangewys, en het daarvoor ‘n brons medalje ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button