Local newsNews

Druk verkeer met ‘n lied in die hart

Die musiekgroep het die druk verkeer aansienlik makliker gemaak

Die Johannesburg City Brass Quintet het gesorg dat motoriste die Vrydagmiddagverkeer met ‘n lied in die hart aandurf.

Die musiekgroepie het verlede Vrydag 29 April op die sypaadjie by McCarthy Volkswagen Westgate motoriste vermaak met hul musiek. Volgens Fanie Ceronio, bestuurder van die handelaar se vlootafdeling wou hulle iets anders doen vir die gemeenskap.

“Ek en die nuwevoertuig-bestuurder Ferdie Hiesterman het besluit dat ‘n orkes net die regte ding gaan wees. Dit is die tweede keer dat die orkes hier by ons is en tot dusver is die reaksie van die publiek baie positief. Die motoriste by die verkeerslig luister na die orkes. Die musiek bring ‘n bietjie verligting na ‘n week se harde werk en dit maak die verkeersdruk draagliker.”

IMG_8531 (Medium) IMG_8532 (Medium)

 

Fanie het vertel hulle is redelik betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte. “Dis ons manier om terug te gee aan die gemeenskap sodat hulle weet dat ons vir hulle omgee. Ons is ook betrokke by die Roodepoortse Sakekamer (Rocci) se waterprojek. Ons het die vervoer van die water na Sannieshof geborg,” het Fanie vertel.

Van die motoriste het ‘n bietjie langer by die verkeeslig gestaan terwyl ander hul toeters geblaas het.

Die orkes gaan motoriste tot einde Mei vermaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button