Editor's choiceLocal newsNews

Laat jou voete vir jou hart praat

Al drie jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender.

Nasionale Tekkie Tax Dag is al drie jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en word die jaar gevier op 27 Mei.

Die veldtog gee die publiek die keuse om met hulle voete te wys by watter verdienstelike saak hulle harte lê. ‘n Plakker kan gekies word vir ‘n saak wat die persoon na aan die hart lê en met ‘n paar waaghalsige Tekkie Tax veters kan jou tekkies opgetooi word.

Die projek is in 2013 begin toe die land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Marieta Kemp, Direkteur Maatskaplike Dienste van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het gesê sê “Omdat daar soveel welsynsorganisasies betrokke is kan ons die projek op ‘n baie lae kostestruktuur bedryf en seker maak dat elke sent op grondvlak aangewend word”.

Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 11 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.

· Epilepsie SA

· Kindersorg SA

· SOS Children’s Villages

· CHOC (Childhood Cancer Foundation)

· Special Olympics SA

· CANSA

· Imisebeyelanga Services

· Meals on Wheels

· VVA

· NG Welsyn

· SAVF

Tekkie Tax het reeds R13,7 miljoen ingesamel en die verskil wat dit op grondvlak in die land gemaak het is ‘n riem onder die hart. Gary Westwood, Direkteur van Epilepsy SA in die Vrystaat en Noord Wes provinsies sê; “Ons het ons Tekkie Tax donasies gebruik vir die versorging van persone met epilepsie en ander gestremdhede in ons residensiële fasiliteite.” Imisebeyelanga het hulle Tekkie Tax geld gebruik om sommige van hulle kleuterskole met tafels en stoeltjies te voorsien en Samaritan’s Feet SA het skoene gekoop vir behoeftiges. Die lys van voorbeelde is lank en spoor mens aan om aan die projek deel te neem.

Daar is dus geen verskoning om nie deel te neem hierdie jaar nie. Die skoenveters (R35 per pakkie) en plakkers (R10 elk) is van middel April af beskikbaar by alle Clicks of Toys R Us winkels. Daar is ook meer as 200 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button