Local newsNewsSchools

Bastion vereer top talente

Prysuitdeling eerder aan die begin van 'n nuwe jaar gehou.

Hoërskool Bastion het gisteraand (Donderdag 4 Februarie) hul toppresteerders lof toegespreek en gesê, “Niks gebeur toevallig met God se kinders nie.”

Dit was die woorde wat hoof Gerhard Koekemoer gespreek het oor die wonderlike prestasies wat by die NG Kerk Culembeeck erken is. Hy het verduidelik dat die besluit geneem is om ‘n prysuitdeling, wat Bastion ‘n Lourieraand noem, aan die begin van die nuwe jaar aan te bied in stede van die einde van ‘n akademiese jaar. Dit is om te verseker die leerlinge se werklike eindresultate, na afloop van die eksamens, hul prestasie bepaal.

“Party van ons leerlinge doen goed in stilte, waar niemand hul sien nie, maar hul talente skyn helder en word ook vanaand vereer,” het hy gesê.

“Ek vertrou dat jy, die leerling, weer hierdie jaar nuwe doelwitte sal stel en sal herfokus om dit te bereik.”

Koekemoer het gespog met die skool se 100 per sent matriekslaagsyfer verlede jaar en vertel hy voel niks gebeur toevallig in ‘n gelowige se lewe nie.

Na afloop van sy toespraak en ‘n pragtige boodskap deur Ds Phillip Voigt is die leerlinge in graadverband vereer. Eers die akademiese sertifikate vir onderskeidings, toe die vaktrofeë is uitgedeel. Die Top 20-akademiese leerlinge van elke graad is aangekondig en só is Bastion se Top 100 leerlinge aangekondig. ‘n Dux-leerling is ook vir elke graadgroep vereer.

Twee leerlinge het spesiale toekennings in die vorm van erekleure ontvang vir sportprestasies in Desember verlede jaar. Devan van der Velde en Wion Horn het onderskeidelik die o/16 Jukskei Springbok skolespan en die o/19 Jukskei akademiespan gehaal. Devan speel al ses jaar jukskei en Wion het in die afgelope vier jaar jukskei begin speel.

Die skool het ouers en onderwysers bedank vir hul enorme bydrae en ondersteuning met die kinders se talente slyp.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Lees ook: [insert related story here and hyperlink]

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button