Editor's choiceLocal newsNews

Ontmoet die Vir Altyd-lieflinge by Clearwater

Voorliefde vir Afrikaanse flieks? Moenie die geleentheid misloop om sterre by Clearwater te ontmoet nie!

Het jy ‘n voorliefde vir Afrikaanse flieks en klop jou hart vinniger vir sterre soos Donnalee Roberts en Ivan Botha?

Maak jouself dan gereed vir ‘n ontmoeting met dié twee bekende akteurs by Clearwater Mall in Februarie. Die duo bemark hul nuwe rolprent, Vir Altyd, wat op 12 Februarie in teaters begin draai.

Hulle is nie net die sterre van dié produksie nie, maar het dit ook saam geskryf en vervaardig. Hierdie fliek volg die kwaliteit van hul vorige trefferfliek, Pad na jou Hart, maar is nie ‘n opvolg daarvan nie. Mense soos Danie Bester (medevervaardiger), Jaco Smit (regisseur) en Jacques Koudstaal (kinematograaf) wat met die vorige fliek te doen gehad het, het weer deel van dié wenspan gevorm.

Nie net beloof dit om ‘n mooi en vars romantiese komedie te wees nie, maar sal kykers ook meegevoer word deur tonele wat in een van Suid-Afrika se mooiste dorpe verfilm is, die Paarl. Nie net spog die tonele die Paarl Rots nie, maar ook die Picardie Gastehuis met sy bekende dam en prag-uitsigte, die geskiedkundige Nederduits Gereformeerde Toringkerk en die Rhebokskloof-wynlandgoed, die Afrikaanse Taalmonument en die trots Afrikaanse Volksmond Koffiewinkel. Ander tonele is in Mauritius, met die ondersteuning van die Mauritius Tourism Promotion Authority (MTPA), verfilm.

Buiten die bekende bakkies van Donnalee en Ivan is ander sterre ook betrokke gewees by die produksie, insluitend Ilse Roos, Dirk Stoltz, Elize Cawood en Wilson Dunster.

Die film word op 12 Februarie landswyd deur Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters uitgereik. Op Saterdag 27 Februarie het aanhangers kans om Donnalee Roberts en Ivan Botha by Clearwater Mall vanaf 3nm tot 8nm te ontmoet, ‘n handtekening te kry en selfs ‘n kiekie saam in te werk. Moet dit nie misloop nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button