Local newsNewsSchools

Mooiste tiener mik vir internasionale titel

Cilene Swanepoel mik oorsee vir skoonheidstitels.

Sy het reeds ‘n reeks skoonheidstitels ingeryg maar nou mik die nuwe Miss Teen South Africa vir ‘n internasionale titel.

Cilene Swanepoel, ‘n Graad 12-leerling by Hoërskool Florida, het ‘n passie vir die verhoog, die skoonheidswêreld en modelwerk. Sy wei al die afgelope drie jaar daaraan toe, vertel skoolwoordvoerder Morné Hanekom. Oor die afgelope drie jaar is Cilene onder andere as eerste prinses by Miss Teen Roodepoort gekroon (2013), as Mej Florida Senior in Mei 2014 en as Miss Rand Show in die kategorie vir 15 tot 17-jariges verlede jaar.

“Sy het aan skoonheidskompetisies begin deel neem om sodoende haar selvertroue te bou, haar postuur en styl te verbeter en ondervinding op te bou met onderhoude voer,” het hy gesê.

Cilene is tans ‘n model vir Vogue Models Centurion onder leiding van Valerie Begbie. Verlede jaar November het sy om die gesogte Miss Teen Million Dollar-titel gewedywer, en dit gewen. So het sy bewys sy werk hard om doelwitte wat sy self stel, te bereik.

Later in November het sy toe aan Miss Teen South Africa gaan deelneem saam met pragtige meisies van regoor die land.

“Hulle het ‘n strawwe sessie onderhoude gehad en moes op die verhoog verskyn beide in informele drag, swemdrag en formele drag.”

In die finale rondte het elke deelnemer ook ‘n reeks vrae beantwoord.

“Sy is aangewys as die wenner en is daardeur gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by Miss Teen Continents 2016 (voorheen bekend as Miss Teen World),” het Hanekom gesê.

Die skoonheidskompetisie vind in Junie in Amerika plaas. Haar reis na die VSA is ten volle geborg deur die kompetisie, insluitend vlugkaartjies, akkommodasie, kos en kostuums vir die geleentheid.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button