LettersOpinion

Stuur water ook asseblief

Sonette Louw van Roodepoort skryf: Hierdie is vir elke vervoer maatskappy en kettingwinkels. Ek kom vanoggend met ‘n groot versoek na julle toe. Nee, nie vir werk nie, maar vir water. Kan ek mooi vra asseblief, as julle trokke die N1 or die N6 Kaap toe ry, of hulle asseblief water by punte af te …

Sonette Louw van Roodepoort skryf:

Hierdie is vir elke vervoer maatskappy en kettingwinkels.

Ek kom vanoggend met ‘n groot versoek na julle toe. Nee, nie vir werk nie, maar vir water. Kan ek mooi vra asseblief, as julle trokke die N1 or die N6 Kaap toe ry, of hulle asseblief water by punte af te laai by sommige dorpe.

Daar is geen drink water in Smith Field, Roux Ville, Aliwal Noord op die N6 nie. Die mense wat wel gelukkig was om boorgate te hê, is ook nou besig om droog te loop. Ook op die N6 is Reddersburg wat droog is.

Die damme is gekraakte sand. Op die N1, so 80 km van Bloemfontein af is Edenburg. Bloem Water het gisteraand die toevoer na die dorp gestop. Dan is daar Trompsburg, Springfontein en Colsesburg wat ook nie drink water het nie. Die dorp is nie meer as 2 km van die N1 af nie. 90 persent van die dorpies se inwoners is pensionarisse of ontvang slegs ‘n staats toelaag.

Daar is geen publieke vervoer na groter dorpe om water te gaan vra nie. Hulle kan ook nie bekostig om te koop nie. Die trokke hoef nie gekoopte water af te laai nie, enige skoon water sal waardeer word. Ek wil ook ‘n beroep op julle doen om ander vervoer maatskappy hierby te betrek.

As elke trok net 20 liter water kan aflaai in die dorpies, sal daar tenminste vier gesinne wees wat ‘n bietjie water vir oorlewing het vir ‘n dag. Ek gaan volgende week af Edenburg toe. Ek hoop om ‘n verskil te kan maak vir die mense daar.

Related Articles

Back to top button