LettersOpinion

Herinneringe onder rommel begrawe

Elaine Griesel skryf (e-pos): Ek verwys na die berig, “Prime business spot now derelict mess”, op bladsy 2 van jul 30 Oktober uitgawe. My skoonouers, die Cronjés, het die nuutgeboude huis by 203 Ontdekkersweg gedurende die middel 70s betrek en toe hulle besluit om by die kus af te tree, het my man die huis …

Elaine Griesel skryf (e-pos):

Ek verwys na die berig, “Prime business spot now derelict mess”, op bladsy 2 van jul 30 Oktober uitgawe.

My skoonouers, die Cronjés, het die nuutgeboude huis by 203 Ontdekkersweg gedurende die middel 70s betrek en toe hulle besluit om by die kus af te tree, het my man die huis gekoop. Ons het van 1991 tot 2001 daar gewoon. Met ons spannetjie van vier kinders het ons die swembad laat bou en heerlik daar baljaar. Die huis en tuin was ruim met vrugtebome en skadubome. Daar lê mooi en kosbare herinneringe — nou begrawe onder rommel.

Uiteindelik het die besige Ontdekkersweg ons na ‘n stiller omgewing laat uitwyk en het ons die huis aan die Roodts (wat PNA besit) verkoop. Na hulle die perseel weer verkoop het, het dinge daar stadigaan begin verkeerd loop.

Ons is elke keer opnuut hartseer wanneer ons daar verbyry en die agteruitgang sien.

Ons hoop regtig die berig sal tot iets lei en sien uit na verdere artikels.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button