NewsSchools

Roodies vier mammas, dogters en hul brakkies

Ma- en Dogterdag 2015 by Walkhaven Dog Park gehou.

Die Roodies se onlangse ma- en dogterdag het weggespring met ‘n yskoue windjie maar was in iedergeval ‘n skouspelagtige byeenkoms.

Walkhaven Dog Park in Muldersdrift het reggestaan vir die groepie vrouens en meisies wat besoek het. Die opgewondeheid onder die dogters en hul honde was tasbaar en het gou die lug gevul met vreugde, het skoolwoordvoerder Theolene Pienaar gesê.

“Oral het mammas, dogters, oumas en vriendinne piekniek gehou,” het sy gesê.

Hul modeparade is geopen deur die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging. Daarna was elke moontlike honderas op die loopplank te sien — groot en klein, langhaar- en korthaarbrakke, oud en jonk, oulik en selfs kwaai.

“Al die honde en hul eienaars is volgens hul eie temas aangetrek gewees,” het Pienaar gesê.

Van die temas het ‘n bruid, die Springbokke, Rooikappie, Mickey Muis en selfs minions ingesluit. Beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad en Caxton se eie Rialien Furstenburg en Chemélle Barnard, die Get It Joburg West redaksiespan, moes saam kopkrap om ‘n wenner uit die 45 brakkies te kies.

Op die ou end het Coco, ‘n miniatuur Schnauzer en sy eienaar Mieke Louw met die eerste prys weggeloop.

Die geleentheid is ten bate van die Society for Animals in Distress gehou. Laerskool Roodekrans bedank hul borge Dazzling Doggy Spa, Groomin’ to Perfection, die Victoria Secret-geskenkwinkel by die Ouklip Apteek en Ereyeng Cars, Vans, Trucks and 4×4 Rentals vir hul bydrae.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button