NewsSchools

Hoërskool Florida vier 71ste met watersports

Watersports, algemene kennis vrae en koeke rond die dag af.

As 71ste verjaarsdagpartytjies maar net altyd so lewendig en pret kan wees soos dié van Hoërskool Florida.

Leerlinge en onderwysers het op Woensdag 30 September die skool se 71ste verjaarsdag gevier met ‘n reeks aktiwiteite. Die oggend het hulle op die blokke bymekaargekom. Elke klas het ‘n verjaarsdagkoek gebak en daar uitgestal. Elke klas het ook volgens hul klasletter (byvoorbeeld Graad 8H) temaklere aangetrek (byvoorbeeld ‘helde’) waarin geklee hulle die ander aktiwiteite moes deurmaak.

Teen 10vm op die A-veld is watersports van alle tipes gehou, en elke graadgroep moes daardeur werk asof dit ‘n tipe Amazing Race is. Na afloop van die aktiwiteite op die sportveld is leerlinge na klasse toe gehaas waar hulle ‘n reeks algemene kennis-vrae moes beantwoord. Elke klas se vrae is op ‘n ander onderwerp of vak gebasseer.

Almal was papnat teen die einde van die dag, maar niemand het gekla nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button