Local newsNews

APK bederf pensioentrekkers met ete

Pensioentrekkers kuier lekker by Witpoortjie kerk.

Niks was vir dié klompie pensioentrekkers so lekker soos ‘n middag saam by hul kerk in Corlettrylaan nie.

Verlede Saterdagmiddag (12 September) het die kerklede vir ‘n spesiale geleentheid in die kerksaal bymekaargekom. Die pensioentrekkersete is ‘n jaarlikse instelling by die Afrikaanse Protestante (APK) Gemeente Witpoortjie, waar hul vanjaar aan chicken á là king gesmul het. Bykosse soos pampoenkoekies, heelgekookte beet, slaaie en wildspastei is ook bedien.

Vir nagereg het organiseerder Lettie Lombard en haar span vrugteslaai, roomys en vla bedien. Tussen-in het die mense gesluk-sluk aan heerlike sap of koffie en tee en staaltjies aan mekaar vertel. Dit was ‘n lekker middag om op te vang vir baie van dié wie se gesondheid hul nie altyd toelaat om eredienste by te woon nie.

In plaas van die lekkergoedpakkies wat hul elke jaar as ‘n ekstra bederfie op die tafels kry, het elke bywoner vanjaar ‘n pragtig borduurde materiaal servetdoek huis toe geneem.

CAPTIONS:

2201: Vera Viljoen en Estelle Brink het lekker gesels gedurende die ete. Foto’s: Mathilde Myburgh.

2190: Die geborduurde servetdoeke en verskaartjies wat elke bywoner ontvang het.

2198: Johan en Cillie Schoombie.

2192: Etienne de Villiers en Cas en Rita Cloete.

2193: Wendy Vosloo en Johan Oosthuizen.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button