NewsSchools

Die Burger vier 113de verjaarsdag met vergroening

'n Verjaarsdag met 'n verskil — boomplant, hernubare energie en kolwyntjies maar 'n paar hoogtepunte.

Nie net het leerlinge en onderwysers Hoërskool Die Burger se 113de verjaarsdag met koek en kolwyntjies gevier nie maar het ook besluit om die skoolgronde te vergroen.

Dit wil sê buiten die verjaarsdagvieringe Vrydag 4 September het die skool ook 30 bome om een van die rugbyvelde geplant. Leerlinge en onderwysers het die wind en reën trotseer om saam die bome, wat deur Joburg City Parks aan hulle geskenk is, te plant. Gesiene lede van die gemeenskap het ook gehelp plant.

“Vele hande maak ligte werk,” het waarnemende hoof Barney Lötter gesê.

Adriaan Viljoen van Contrado, ‘n maatskappy wat hernubare energie-oplossings verkoop, het die leerlinge oor hernubare hulpbronne toegespreek. Contrado en Lötter bespreek tans die moontlikheid dat Die Burger deel word van hul beoogde sonkrag-sambreel projek by skole aan die Wes-Rand.

Na afloop van die seremonie het onderwysers en belanghebbendes in die sportsgebou vergader om ‘n pragtige koek en kolwyntjies, wat deur leerlinge en onderwysers spesiaal gebak is, uit te deel.

Lötter bedank elkeen wat hand bygesit het om van die dag ‘n sukses te maak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button