NewsSchools

Hories kraai koning by olimpiades

Hories is sterk in beide Wiskunde- en Tegnologievakke, volgens uitslae.

Leerlinge van Laerskool Horison het met hul sterk akademiese fondasie gespog deur puik te presteer in onlangse Wiskunde- en Tegnologie Olimpiades.

Die Wiskunde Distriksolimpiade is vroeër in Augustus gehou waar Christiaan Botes en Ruan Lubbe onderskeidelik as Graad 6 en Graad 7 kampioene koning gekraai het. Hulle moes met leerlinge uit 62 ander skole kompeteer, het skoolwoordvoerder Esté Beekman gesê.

Dié twee leerlinge sal vorentoe die Johannesburg-Wes distrik verteenwoordig in die Provinsiale Wiskunde Olimpiade.

Ook by die Tegnologie Distriksolimpiade op 20 Augustus het die Hories nie teruggestaan nie, het Beekman gesê.

Die Graad 7-span wat uit vyf leerlinge bestaan het gesamentlik met Constantia Kloof Primary School eerste plek behaal. Ook hierdie span dring nou deur na die Provinsiale Tegnologie Olimpiade.

“Die skool is baie trots op hierdie leerlinge en is vol vertroue dat hulle sal uitblink vorentoe,” het Beekman gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button