Editor's note

Hierdie tyd van die jaar gebeur baie dinge

Mense beplan hul Desember vakansies- die wat wel weggaan, matrieks begin vir hul finale eksamen voorberei en meeste skole, ouers en matriekleerlinge is in rep en roer oor die matriekafskeide wat reeds was en wat nog gerëel moet word. So was ek Vrydagaand by my ousus se dogter se matriekafskeid wat by Usumbara gehou was. …

Mense beplan hul Desember vakansies- die wat wel weggaan, matrieks begin vir hul finale eksamen voorberei en meeste skole, ouers en matriekleerlinge is in rep en roer oor die matriekafskeide wat reeds was en wat nog gerëel moet word.

So was ek Vrydagaand by my ousus se dogter se matriekafskeid wat by Usumbara gehou was. Sy is tans in ‘n hoërskool in Randfontein. Ek het die fotos geneem, vandat sy grimeer is totdat sy by die onthaalplek afgelaai is.

Die leerlinge was in hul beste klere uitgevat, die motors het gevarieer van klassieke ou motors tot die nuutste en duurste. Daar het selfs ‘n paartjie in ‘n inkopiesentrum-trollie ingekom. Ek kan met eerlikheid sê die leerlinge was almal stylvol en elegant geklee.

Oumas, oupas, ooms, tantes, neefs en niggies het almal opgedaag om die kinders te sien en die oe’s en aa’s soos die kinders uit die motors klim het weergalm.

Die meeste skole in Roodepoort hou hul matriekafskeide in Oktober en ek kan nie wag om te sien hoe die leerlinge gaan lyk nie. Die Record sal al die lesers op hoogte hou soos die verrigtinge plaasvind.

Wat ek egter wil weet is hoeveel word daar spandeer om aan die kinders se smake, grille en griere te voldoen? Verskeie ouers, veral die wat dit kan bekostig, huiwer nie om net die beste te verskaf nie en as ek so na van die meisies se rokke kyk, moes dit die ouers heelwat uit die sak gejaag het.

Hoewel dit sekerlik die moeite en geld werd is, moes net die huur van ‘n motor vir die aand ‘n aardige bedrag gekos het.

Beskou ouers dit as ‘n brag geleentheid, gee hulle wat hul kind vra of word dit gemeet aan meriete, met ander woorde, as die kind goed deur die jaar presteer het, doen die ouers ekstra moeite?

En dan natturlik, is dit alles die moeite werd?

Party ouers verskies om die finansiëel bekostigbaar te hou terwyl ander weer heeltemal oorboord gaan.

Ek sal graag van julle wil hoor. Stuur ‘n e-pos na roelienv@caxton.co.za en dit word op ons webwerf en in die koerant geplaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button